Sunday 17 July 2016

NUWE APOSTOLIESE GELOOF


NUWE APOSTOLIESE GELOOF

Die ontstaan van die Ou en die Nuwe Apostoliese kerke gaan terug na die wortels in Engeland tydens ‘n sg “ontwaking” war die Katolike Apostolies Gemeentes te Albury gestig is. (In beide die Nuwe en die Ou Apostoliese kerke sal trekke van Katolisime opgemerk word) Edwin Irving, ‘n Skotse prediker het hier ‘n leidende rol gespeel.

Hulle versprei na Duitsland en daar kom ‘n skeuring en Biskop Schwartz breek weg en vorm ‘n Nuwe Apostoliese kerk

In SA onstaan die werk onder ‘n ene evangelis Klibbe in Oos Londen in 1892. In 1893 word hy deur Apostel H.F. Niemeyer of Australia georden.  Klibbe word in 1908 as die eerste apostel van die kerk in  Afrika aangestel, maar in 1913 word hy deur verskeie redes deur die Stamapostel van sy posisie onthef en Wilhelm Schlaphoff word in sy plek aangestel. Klibbe weier egter om van sy amp afstand te doen en ‘n hofsaak volg. Die hof se besluit op 21 Desember 1926 lei daartoe dat die Ou Apostoliese Kerk onder Klibbe ontstaan en die Nuwe Apostoliese Kerk onder Schlaphoff voortgaan.

In beide die Ou Apostoliese Kerk en die Nuwe Apostoliese Kerk speel die apostels ‘n belangrike rol

·         Beide groepe leer dat versoening net deur hulle alleen kan plaasvind en dat hulle mag het om sondes te vergewe. Daar word ook geleer dat Jesus vandag deur sy apostels spreek.

·         In die NAK is die stamapostel die hoogste gesag en is hy, soos die Pous in die Katolieke Kerk, die Here se verteenwoordiger op aarde.

·         Die stamapostel (en die apostel aan wie hy die mag verleen) stort die Heilige Gees in ons dag uit (VA vr 229.289) NAK

·         Die stamapostel sit sy ‘verlossingswerk’ na sy dood in die hiernamaals voort (VA vr 145.190) NAK

·         Daar word geleer dat niemand die Vader of Christus kan sien indien hulle nie die apostel aanneem nie.

·         Die NAK VA vr 162.220 leer dat Jesus die verlossingswerk op aarde begin het, maar dat die apostel dit nou voortsit en voltooi
 
Opsomming sommige van van leringe van die NAK
  1. Die NAK mis die enigste denominasie wat na God lei.
  2. Slegs in die NAK is al die bedienninge en gawes beskikbaar.
  3. Die NAK is die enigste kerk wat die ware leerstellinge aangaande  Jesus en die Apostels leer.
  4. In die begin was daar net een kerk, die apostoliese kerk, maar nadat die apostels gesterf het kon geen persoon meer gered word nie, todat daar in 1830 weer ‘n kerk gestig is die NAK en nou kan mense weer “gered” word.
  5. Mense wat nie in die tyd van die oorspronklike apostels gelewe het nie, kon nie hemel toe gaan nie, tot  en met 1830 toe die kerk weer begin is.
  6. Die NAK is die voortgaan van die ware kerk  wat deur Jesus gestig is. Alle ander kerke is skeppings van mense.
  7. Alle gemeenskappe Christelik en Nie-Christelik het ‘n beperkte kennis van God, maar nie genoeg om redding te verseker nie.
  8. Alle gemeenskappe  praat oor die Here, maar in die NAK spreek hierdie God self.
  9. Die ontvangs van die Heilige Gees is net moontlik in die NAK deur die verseëling van die NAK (‘n Derde skrament)
  10. Die stamapostel stort die Heilieg Gees uit
  11.   Vergifnis van sonde word slegs in die NAK verkry.
  12. Die Bybel is die basis van die NAK
  13. Die Bybel leer duidelik dat die NAK die enigste ware kerk is.
  14. Die Apokriewe boeke is ook deel van die Bybelteks, so ook  Esra III and Esra IV
  15. Geloof in die Here Jesus, God die Vader en die woord is nie genoegsaam vir redding, sonder die geloof in die apostels nie
  16. Die Bybel is nie God se woord vir vandag nie, dit is slegs dooie letters.Die lewende woord van God is die verkondiging deur die apostels
  17. Die Apostels van die NAK kan nuwe bindende lerings en openbaring vir vandag bring, die bybel is nie algenoegsaam nie.
  18. Indien die bybel verskil van die NAK apostles se lering, dan is die NAK se mening geldig, dit is soos God die Bybelse lering verleng en aangpas het
  19. Die Stamapostel het dieselfde funksies magte as Petrus
  20. Die apostels van die NAK het dieselfde funksies en magte as die eerste apostels onder Christus
  21. Geen onduidelike leerstellige sake word bespreek nie, ‘n leier op die volgende hoër vlak maak die besluit.
  22. Persone in bedieninge doen dit kosteloos. Die Apostels word salarisse betaal (Bedrae onbekend)
  23. Hoe hoër op, in die hiërargie, ‘n persoon is hoe meer gewig dra sy gebed.
  24. Slegs NAK doop of doop deur die NAK goedgekeur is geldig.
  25. Getroue lede in die NAK vra altyd leiding en raad, voordat besluite geneem word, bv werksveranderinge, huwelik en verhuising.
  26. Daar word verwag dat lede 10% van inkomste aan die NAK gee.
  27. Die Here God spreek direk tot die Stamapostel, die ander apostels “konnekteer’ hulself met die stamapostel. ‘n Priester mag nie preek sonder “konneksie” met sy apostel nie.
  28. Persone kan selfs na hul dood “gered” word. Afgestorwe mede-werkers en lede van die NAK werk in die plek van die dooies.                                                                                                                                                                                                                                          
  29. Afgestorwe NAK lede neem deel aan die dienste en neem deel aan die namaal elke Sondag regoor die wêreld
  30.  Indien sg openbaringe deur werkers van die NAK nie bewaarheid word nie, dan het hulle die Here verkeerd verstaan of die Here God het Sy wil aangepas.
  31. Lede van die NAK mag nie dienste van ander kerkgenootskappe bywoon nie.
  32.  Geen literatuur wat teen die NAK geskryf is mag gelees word nie en alle ander godsdienstige boeke moet vermy word.
  33. Geen kritiek mag teen NAK leerstellinge gemaak word nie, nie in privaatheid of in NAK byeenkomste nie.
  34. Indien die NAK hulle leringe aanpas, is dit agv nuwe geheime wat deur die Heilige Gees geopenbaar word.
  35. Indien ‘n medewerker valslik optree, moet dit aan die hoë gesag gerapporteer word.
  36. Dit word aanbeveel dat lede fotos van die stamapostel en die ander apostel in hulle huise hang.                             
  37. Versium om werwingswerk vir die NAK te doen is ‘n groot sonde.     
  38. Drie keer per jaar bedien die stamapostel en twee ampsdraers die nagmaal aan afgestorwenes, waartydens hulle “gered’ word.(Eerste Sondag van Maart, Julie en November)
  39. Indien ‘n lid nie nagmaal gebruik nie, kan sy/haar sondes nie vergewe word nie.                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                        
Hierdie is maar sommige van die dwallinge, ondersoek altyd die Skrif soos Hand 17:11 leer.

Algemene inligting

1.      In die jare 1838, 1842 1855 sou Jesus se wederkoms volgens die NAK plaasgevind het

2.      Stamapostel Bischoff ontvang op 25 Desember 1951 ‘n openbaring dat Jesus se terugkoms na die aarde in sy leeftyd sou plaasvind. Hy is op 6 Julie 1960 oorlede, sy opvolger Schmidt verdedig dit en sê dat die Here sy wil in die verband aangepas het.      

3.      Baie van die inligting is beskikbaar op die internet en ander publikasies beskikbaar. Van die inligting kom uit oorspronklik dokumentasie.                                                                                                   

Bronne wat geraadpeleg kan word:

·         FW Werner - Die Dwaling van die Apostelsekte

·         Ds HCJ Flemming - Sektedwalings

·         DA Nico Schreuder - Die Apostel-besinde

·         Dr JJ Muller – Die Vernaamste Sektes in Ons Land

·         Japie Grobler - Samevatting Nuwe Apostoliese Kerk van Afrika  - Ou Apostoliese Kerk van Afrika




 DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND 

 

ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           

ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 

KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.




 

 

3 comments:

  1. Is altyd n bevrydende gevoel om iets te lees wat jy al lankal besef, maar net nie jou vinger op kon le nie. Dankie vir die uitleg, as ek so terugkyk op my vroeer jare as kind en tiener in die kerk, was dit maar n dooie storie..drie maande nadat ek uit die huis uit is, toe ontmoet ek die Here. Nou, dertig jaar later, kan my pad met die Here nie stewiger wees nie, ek loop in sy liefde, genade en vreugde. Net bekommerd oor my broer wat preek in die kerk en n suster wat die kerk aanbid. Net ek en my jonger broer het die kerk verlaat. Elke keer as ek op leesstof afkom, dan se my siel, dankie tog U het my die lig laat sien. As u weet van enige nuwe leesstof wat bygekom het, vir my die "links" hier neersit asseblief. "Discerning the World" het niks van die kerk nie, hulle lig ook valse kerke uit.Seeninge

    ReplyDelete
  2. Ek sou bitter graag meer wou weet oor NAK. Veral rondom "sonde". My seun, 36 jaar oud, gaan nou al 10 jaar uit met 'n pragtige meisie in die NAK. Hulle is regtig baie lief vir my. Sy het al 'n paar keer ons kerkdienste bygewoon wat ek glo haar ouers nie van weet nie en het ook baie blootstelling aan ons Christelike lewenswyse. My seun het ook al haar ouers gaan vra on met hul dogter te trou. Hulle het egter geweier. Hy het ook by 'n paar geleenthede die NAK se dienste bygewoon maar hy voel nie gemaklik met die 'rituele' daar nie. Hy sal nie met haar kan trou as hy nie 'n NAK lid is nie.
    Dit blyk ook dat sy baie min ruimte het om enige eie besluite te neem.
    Ek persoonlik dink dat die NAK 'n sekte is omdat dit slaafs en uit vrees, die leerstellinge van die stamapostel navolg. Is daar bietjie raad in hierdie verband?
    Leon

    ReplyDelete
  3. My dogter was ook in 'n soortgelyke posisie en kon toe nie trou nie agv haar oortuigings. Wdergeboorte is noodsaaklik vir 'n nuwe lewe in Christus, dit is die begin van 'n lewe as Christen.

    ReplyDelete