Tuesday 19 July 2016

EVOLUSIE


EVOLUSIE

 
 
 Evolusie is nie ‘n suiwer wetenskap, soos beweer word nie, maar eerder ‘n valse godsdiens.

 In die suiwer wetensskappe kan laboratorium toetse herhaal word en dieselfde resultaat kan bevestig word, nie so met die evolusie teorie nie.

Die Here God het hierdie aarde geskape en alles daarop, die evolusie-leer soos deur Darwin en sy volgenlinge daargestel word, is ‘n mite. Die volgende bewys dit.

Ek spreek net ‘n paar van die magdom vrae, rakende evolusie, wat gevra kan word en die sogenaamde bewyse daarvan aan.

Hierdie is allermins ‘n omvattende werk rakende die valsheid van evolusie, daarvoor is daar ‘n groot aantal boeke wat gelees kan word, geskrywe deur persone wat hoogs gekwalifiseerd en kundig op hulle onderskeie gebiede is.

Evolusie is ‘n godsdiens/teorie, nie ‘n wetenskap nie. Let op die volgende:

1. FOSSIELE

1.1. Die fossiele rekord is ‘n verleentheid vir evolusionisme.  Die evolusionis Stephan Jay Gould, van Harvard, maak self hierdie erkenning. ‘n Honderd jaar nadat Darwin gesê het dat die fossielrekord sy teorie sou bewys is daar nog geen sogenaamde bewyse nie.

1.2. Die ouderdom van fossiele word nie wetenskaplik bepaal nie. Daar word gebruik gemaak van die kliplae waarin die fossiele gevind word. Indien ‘n fossiel in ‘n sekere kliplaag voorkom, dan word daar gesê dat die fossiel x-aantal jare oud is.

Maar hoe word die ouderdom van daardie kliplae bepaal? Daar word gekyk watter fossiele in daardie kliplaag voorkom en dan word die kliplaag ‘n ouderdom toegeken.

Dit is totale sirkel redenasie - Hoeveel weeg ‘n lemoen? Dit weeg 50kg. Hoe weet jy dit weeg 50kg? Omdat dit net soveel as ‘n appel weeg.  Hoeveel weeg die appel? Die appel weeg 50kg. Hoe weet jy dit weeg 50kg? Omdat dit net soveel soos die lemoen weeg.

Nog die appel nog die lemoen is geweeg. Hulle gewig was nie wetenskaplik bepaal nie. Nog die kliplae nog die fossiele se ouderdom is wetenskaplik bepaal.

 Sommige sou sê daar word van Koolstof-14 datering gebruik gemaak om ouderdom te bepaal. Dit is egter nie waar nie. (Maar let ook op die besware rakende Koolstof-14.)

2. KOOLSTOF-14

2.1. Daar word beweer dat, Koolstof-14 datering bewys dat die aarde miljoene jare oud is. Dit is onwaar. Sonder om in detail in te gaan oor hoe die Koolstof-14 datering proses werk, net die volgende. Daar word gebruik gemaak van die Koolstof-12 / Koolstof-14 verhouding en die vermindering van Koolstof-14 tot koolstof-12 in dooie materiaal.

 2.2. Die volgende foute word egter gemaak:

·         Die Koolstof-12/Koolstof-14 word gereken as ‘n konstante deur die eeue heen. Dit kan nie bepaal word nie, want daar was nie wetenskaplike toetse, deur die eeue heen gedoen, om dit te bepaal nie.

·         Selfs vandat dit gemeet word was daar verandering te bespeur. Sedert die verbranding van fossiel brandstowwe (Bv Steenkool en olie) begin het, het die verhouding  Koolstof-12/Koolstof-14 in die atmosfeer verander. So ook het die % koolstof-14 in die atmosfeer verander met die begin van atmosferiese toetse van atoombomme.

·         Verder word daar aangeneem dat die koolstof-14 in die atmosfeer en in die plante en in die diere en in die geraamtes van die diere ‘n konstante is. Dit kan nie sonder meer wetenskaplik aanvaar word nie.

2.3. Die volgende is ook van belang rakende Koolstof-14 datering:

·         Die magnetiese veld om die aarde beinvloed ook die hoeveelheid Koolstof-14 wat geproduseer word. Soos die veld verswak word meer Koolstof-14 geproduseer.

·         Om enigiets teoreties ouer as 50,000 jaar te dateer met sogenaamde perfekte Koolstof-14 datering stesel, is wetenskaplik onmoontlik bepaalbaar. Om te sê die aarde is miljoene jare oud dmv Koolstof-14 datering is ‘n fabel.

2.4. Praktiese toetsing in die gebruik van Koolstof-14 het onder andere die volgende absurde resultate tot gevolg gehad:

·         Carbon dating doesn't work. Living snails that carbon-date to 2,300 years old, a living seal that was carbon-dated at 1,300 years old, and 8,000-year-old living penguins. (http://topdocumentaryfilms.com/creationist-junk-debunked/)

·         ‘n Lewendige pikkewyn se ouderdom is deur ‘n toets as 8,000 jaar oud bepaal.
  •  “One part of the Vollosovitch mammoth carbon dated at 29,500 years old and another part at 44,000.” Troy L. Pewe, Quaternary Stratigraphic Nomenclature in Unglaciated Central Alaska, Geological Survey Professional Paper 862
 3. DIE “MISING-LINK” ( AAP-MENS)

 3.1 Die aap-mens bewyse is deurspek met bedrog.  Nog geen bewyse kon gevind word wat bevestig dat daar ‘n oorgang van die aap na die mens is nie.

3.2 Die sogenaamde: Java man, wat as die aap-mens voorgehou was, was toe nooit ‘n “aap-mens” nie maar slegs ‘n langarmaap (gibbon)

3.3 So was die “Piltdown man” en die “Peking man” ook as valse bewyse vir evolusie voorgehou.

3.4 Die Nebraska man (1922) wat voorgehou was deur die evolusioniste, as bewys vir evolusie, was opgebou uit ‘n tand wat gevind was. Die tand in omgebou tot ‘n skedel en dan verder na ‘n geraamte en nog verder tot ‘n aap-mens met ‘n volledige liggaam. Selfs sy vroulike metgesel is gebou en dit alles uit een tand wat gevind was. So het dit in die Britse pers verskyn.  Later was dit bevind dat die tand, die tand van ‘n seldsame varksoort was.

3.5 Indien daar dmv evolusie ‘n oorgang van die aap na die mens is, dan behoort daar tog meer as een bewys gevind te word. Daar is nie eens een nie. 

3.6 ‘n Misvormde skedel of geraamte, as gevolg van een of ander siekte of genetiese afwyking, kan maklik as ‘n vorm van evolusie voorgehou word. Kyk maar net na mense wat vandag lewe, wie se liggame misvorm is vanweë een of ander siekte, of genetiese afwyking. ‘n Abnormale skelet kan nie as bewys vir evolusie voorgehou word nie.

3.7 Om te leer dat die mens en aap aan mekaar verwant is omdat hulle beide soortgelyke geraamtes het, is so goed soos om te leer dat ‘n voël en ‘n vliegtuig verwant is omdat beide vlerke het, aldus Hanegraaff.

4. DIE EMBRIO BEWYS

Hierdie sogenaamde bewys is later as bedrog ontmasker. In ‘n publikasie in1868 het evolusionis, Ernst Haeckel, voorgehou dat embrios deur verskillende fases gaan, oa die vis, amfibiese, retiel en ander fases. Dit was dan voorgehou as bewys vir evolusie.

Twee bekende wetenskaplikes, Prof L Rutimeyer en William His Sr. het bewys dat Haeckel die sketse van embrios verander het om by sy teorie aan te pas.

Later is bevind dat dit  nie eens sketse van embrios was wat aangepas was nie, maar dat dit ontstaan het uit die verbeelding van Haeckel. 

5. TOEVAL 

Die leer dat die lewe op aarde en die evolusie daarna alles deur toeval ontstaan het is absurd.

Sommige glo dat oor tyd heen enigiets moontlik is. Die miljoen ape illustrasie wys hoe absurd die stelling is. “If a million monkeys continually typed on a million typewriters, one of them might  eventually pound out a Shakespearean play. Now assume a million monkeys typed 24 hours a day at 100 words per minute on typewriters that had 40 keys.  Suppose each word of the play contained 4 letters. How long would it take to get the first four words? About 800 billion years! No one could imagine the amount of time required to produce the first scene”  Hanegraaff. Let alone the play.

6. DIE WETENSKAP STAAN EVOLUSIE TEË

6.1. Die tweede wet in termodinamika, nl entropie, staan evolusie teë. Evolusie leer dat alles van wanorde na orde beweeg, entropie leer presies die teenoorgestelde.  “It should also be noted that evolution is a low-grade hypothesis, while entropy is a well-documented law of science.” Hanegraaff.

6.2. Daar is dan ook nog die natuurwette van “oorsaak en gevolg”,  asook die “wet van bewaring” wat indruis teenoor evolusie teorie.

7. AANPASSING

Die aanpassing van spesies, sommige noem dit mikro-evolusie, is waar.

Diere kan by hulle omstandighede aanpas, oor geslagte heen. Voëls se bekke kan verander, na gelang van die habitat. Diere kan dikker pelse groei, of selfs ligter velkleur ontwikkel, om by omstandighede aan te pas.

Lewende weses kan egter nie van een hoof spesie na ‘n ander verander nie.

Daar is ook ‘n “genetiese-blok” tussen hoof groepe. Bv ‘n Kat kan nie met ‘n hond kruisteel nie, of ‘n bees met ‘n perd nie.

 Verandering binne in spesie geledere, kan dus wel plaasvind. Dit is egter nie ‘n bewys vir evolusie, wat die teendeel beweer nie.

 8. ALGEMENE OPMERKINGS

8.1. Daar is vele ander sogenaamde bewyse wat voorgehou wil word om evolusie waar te bewys, wat nie hier bespreek word nie. Elkeen van hulle is as wetenskaplik nie haalbaar bewys.

8.2. Evolusie is nie ‘n wetenskap nie, dit is ‘n godsdiens en hoogstens ‘n “lae-vlak” hipotese.

8.3. Tragiese gevolge van die evolusie teorie. Ek noem ‘n paar:
·         Mense se geloof in die Bybel word ondermyn.
·         Mense probeer evolusie en die Bybel versoen.
·         Mense speel die wetenskap en die Bybel teen mekaar af. Die Bybel is nie ‘n wetenskaplike handboek nie  Die wetenskap en die Bybel staan nie teenoor mekaar nie. Daar is wel verkeerde vertolkings van Bybelse begrippe wat lyk of dit met die wetenskap bots.
·         Rassisme word deur evolusie aangevier. Let maar op Hitler se indeling van hoër en laer klas mense. Let op sommige godsdienstige groepe wat aanvoer dat swart mense, net ‘n hoër vlak dier is en nie ‘n mens nie. Dit word deur evolusie lering veroorsaak.

 
BRONNE WAT NAGESLAAN KAN WORD:

·         Christianity In Crisis – Hank Hanegraaff  - Harvest House Publishers -1993




·         http://www.creationism.org/




·         http://creationtoday.org/

·         En nog baie meer bronne beskikbaar in biblioteke en op die Internet .
 

DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 

 
 

No comments:

Post a Comment