Monday 18 July 2016

DIE “PROSPERITY GODSDIENS” (WORD OF FAITH MOVEMENT)


DIE “PROSPERITY GODSDIENS” (WORD OF FAITH MOVEMENT)

 
Hierdie inligting is nie bedoel om argumente uit te lok nie, maar om inligting te voorsien wat objektief in die lig van God se word evalueer moet word, vir die voordeel van elkeen wat dit lees.
 
Nie almal wat in die beweging is glo alles wat hieronder staan nie, hierdie is 'n opsomming van die verskillende persone se "geloof" in die beweging.
 
Die evangelis E.W. Kenyon (1867-1948) word beskou as die “stigter’ van die “Word of Faith” Beweging en was beinvloed deur Gnostisisme.

Kenneth Hagin Sr was deur E.W. Kenyon  beinvloed en staan bekend as die "granddaddy" van die “Word of Faith Beweging”   Hy het geglo dat gelowiges in God altyd gesond, finansieël voorspoedig en gelukkig sal wees.

Kenneth Hagin  het weer ‘n invloed op Kenneth Copeland gehad; en het voorheen vir
Oral Roberts gewerk, die persoon wat die “seed faith” beginsel gewild gemaak het. (Jy saai finansies en oes dan baie meer finansies)

Nog ‘n bekende in die kringe is TV evangelis en “Faith healer” Benny Hinn, hy het in 1974 begin preek en in 1990 sy televisie uitsendings begin.

Mense wat onder andere ook hulle met hierdie beweging vereenselwig is Charles Capps, Cindy Trimm, Creflo Dollar, E.W. Kenyon, Ed Young, Eddie Long, Fred Price, Joel Osteen, John Avanzini, Joseph Prince, Joyce Meyer, Kenneth Copeland, Kenneth Hagin, Kim Clement, Marilyn Hickey, Morris Cerullo, Paul and Jan Crouch, Paul Yonggi Cho, Paula White, Robert Schuller (Ook ‘n volgeling van Norman Vincent Peale (Power of positive thinking), Robert Tilton, Rod Parsley, Rodney Howard Brown, T. D. Jakes, om maar ‘n paar te noem.

 
LERINGE VAN DIE FAITH “PREACHERS” OPGESOM

Nie al die “Faith Preachers” glo alles wat hier staan nie; hulle verskil ook van mekaar oor sekere sake. Hierdie is ‘n opsomming van wat hulle gesamentlik glo en verkondig.

Evalueer of u saamstem, aldan nie. Is daar Skrif daarvoor? (Hand 17:11)

KOM ONS EVALUEER ELKEEN VAN DIE STELLINGS

 Wanneer jy enigiets as waar of vals, eg of oneg wil identifiseer moet jy ‘n basis hê, ‘n Standaard waarvolgens jy meet.

·         ‘n Meter is nie ‘n meter omdat iemand so sê nie.

·         ‘n Kilogram is nie ‘n kilogram omdat iemand so sê nie

·         Daar moet ‘n standaard wees waarvolgens gemeet word, so ook met sake van ‘n geestelike aard.

·         Vir die gelowige in Christus is die standaard die woord van God, die Bybel; indien nie, kan enige persoon enigiets sê en dit is die waarheid.

 Oor en oor in die Skrif vind ons dat God se woord die standaard is.

·         Joh 12:47-49  7 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. 48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. 49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.”

·         Joh 14:23-26  23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. 24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. 25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

·         2 Tim 2:15 “15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”

·         2 Tim 4:1&2 “EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;”

·         2 Tim 3:14-17  14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” 

Indien jy opreg en edelmoedig wil wees, gebruik die Skrif om alle leringe te evalueer.

·         Hand 17:11 “11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.”

Indien u nie alle leringe aan God se woord (Die Bybel) wil evalueer nie, dan het ons niks om oor te gesels nie, want dan verskil die basis waarop ons dinge beoordeel. 

Kom ons let op sommige van die leringe wat ondermeer geleer word.

 1. Leringe oor Jesus.

·         Jesus was slegs ‘n mens en het aan die kruis as mens gesterf

·         Jesus betaal die prys vir ons sonde in die hel

·         Jesus het die sleutels van die hel by satan afgeneem

·         Jesus word ‘n slang aan die kruis

·         Jesus was deur satan en sy demone gemartel in die hel

·         Jesus was die eerste mens wat weergebore is

·         Jesus is nie die enigste Verlosser nie

2. Ons is “klein” gode

·         Geskep deur God as gode

 3. Daar word “Ek is” stelling rakende die mens gemaak, wat slegs op Jesus van toepassing is

 4. Jy het mag in jou woorde om:

·         Te skep of te vernietig

·         Te bind of te ontbind

·         Die natuur te beveel

 5. Tiendes

·         Die gee van tiendes lei tot redding.

·         Die eerste moord was oor die tiende.

·         Die eerste sonde was oor die tiende – boom van kennis van goed en kwaad.

·         Indien jy gee kry jy ‘n kwitansie wat jy kan “op eis” (Cash in) by die Here.

6. Adam en Eve

·         Adam was die eerste superman; hy kon maan toe en terug vlieg.

·         Die vrou moes geboorte skenk aan haar kinders vanuit haar sy.

 7. Waarborge

·         Jy word nooit weer siek nie.

·         Rykom is jou deel.

·         Sukses is jou deel.

 8. Die Here God

·         God is ‘n mislukking, maar erken dit nie.

·         Die mens moet die Here God toestemming gee om op aarde te mag werk.

·         God is ‘n nege-enige-god.

·         Die Here God is ses voet 2 tot 3 duim lank.

·         Hy is nie ‘n Drie-Enige-God nie.

 Fabels?

·         Klink amper na fabels? Hoekom so? Want dit is fabels.

·         2 Tim 4:3&4“3 want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”

 Hebsug?

·         2 Pet 2:1-3 “MAAR daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; 2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; 3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.

 Hoor wat sê Jesus:

·         Matt 7:15 “15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.”

·         Matt 24:4&5 “4 En Jesus antwoord en sê vir hulle Pas op dat niemand julle mislei nie.5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.”

·         Matt 24:10&1110 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.”

Daar is nog verskeie ander Skrifte wat voorgehou kan word. In die verband, feitlik in elke boek in die NT kom daar waarskuwings teen valsheid.

Hoe moet ek en jy dan optree rakende alle leringe wat na ons kom, (Ongeag wie dit bring)

·         1 Joh 4:1 “GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”

 Ek wil nog ‘n kragtige waarskuwing aandui

·         2 Kor 11:13-15 “13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”

Hier volg ‘n aantal verwysinge na wat van sommige van hierdie mense gemaak het.

Kenneth Copeland:

·         (In a conversation with God regarding Christ's Atoning Sacrifice upon the Cross of Calvary) "Well, now you don't mean, you couldn't dare mean that I [Kenneth Copeland] could have done the same thing?" He [God] said, "Oh, yeah, if you'd known and had the same knowledge of the Word of God that He [Jesus] did, you could have done the same thing [i.e., redeemed mankind], coz you are a reborn man, too." 

·         “Words create pictures, and pictures in your mind create words. And then the words come back out your mouth….And when that spiritual force comes out it is going to give substance to the image that’s on the inside of you. Aw, that’s that visualization stuff! Aw, that’s that New Age! No, New Age is trying to do this; and they’d get somewhat results out of it because this is spiritual law, brother.” (Believer’s Voice of Victory (television program), TBN, 28 March 1991.)

·         Every Christian is a god. (Force of Love; Tape #02-0028) (Believer’s Voice of Victory, broadcast July 9, 1987)

·         God’s reason for creating Adam was to reproduce Himself. (Following the Faith of Abraham, Tape #01-3001)

·         Adam was not subordinate to God. (Following the Faith of Abraham, Tape #01-3001)

·         Adam was God manifested in the flesh. (Following the Faith of Abraham, Tape #01-3001)

·         I was shocked when I found out who the biggest failure in the Bible actually is.The biggest one in the whole Bible is God! I mean, He lost His top-ranking, most anointed angel; the first man He ever created; the first woman He ever created; the whole earth and all the fullness therein; a third of the angels, at least – that’s a big loss, man. Now, the reason you don’t think of God as a failure is He never said He’s a failure. And you’re not a failure till you say you’re one. Kenneth Copeland: Praise The Lord, 1988

·         When Adam originally sinned, he gave his god nature to Satan. God could not intervene since He had made Adam the god of the earth. God was left on the outside looking in. (Following the Faith of Abraham; Tape #01-3001)

·         Jesus existed only as an image in the heart of God, until such time as the prophets of the Old Testament could positively confess Jesus into existence, through their constant prophecies. (The Power of the Tongue, pp. 8-10)

·         Jesus was dragged down into the bowels of Hell where He was beaten and bruised by Satan and his demons until Jesus could finally fight His way out of Hell, 3 days later. (Believer’s Voice of Victory, September 11, 1991) (Classic Redemption, p.13)

Benny Hinn:

·         “I place a curse on every man and woman that will stretch his hand against this anointing. I curse that man who dares to speak a word against this ministry.” (Benny Hinn, TBN, 9/13/99)

·         Jesus at His death became one with Satan. (Benny Hinn, Benny Hinn broadcast, recorded 12/15/90)

·         God has 9 parts (tri-theistic). A. God has a body, soul and spirit. B. Jesus has a body, soul and spirit. C. Holy Spirit has a body, soul and spirit. (Benny Hinn broadcast, recorded 10/13/90)

·         When you don’t give money, it shows that you have the devil’s nature. (Praise-a-thon (TBN), recorded 4/21/91)

·         “Though we are not Almighty God Himself, nevertheless, we are now divine” (Benny Hinn, 12/1/90, TBN)

·         "Adam was a super-being when God created him. I don't know whether people know this, but he was the first superman that really ever lived. First of all, the Scriptures declare clearly that he had dominion over the fowls of the air, the fish of the sea - which means he used to fly. Of course, how can he have dominion over the birds and not be able to do what they do?" ("Praise the Lord" program - TBN. 26 December 1991.)

Kenneth Hagin:

·         What do you need? Start creating it. Start speaking it into being. Say, "you, cheque book, you've never been so prosperous since I owned you ... you're just crammed full of money." (Claim Your Miracles tape No. 186 side 2)

·         “When was it that Jesus was begotten? When He was raised upon that Resurrection morn!” He tasted spiritual death for every man. He died on the Cross and took our place in spiritual death. His spirit, His inner man, went to hell in our place….. Jesus tasted death – spritual death – for every man. He became what we were, that we might become what He is. (the name of Jesus legacy edition pg. 17-18, 20)

·         “[Man] was created on terms of equality with God, and he could stand in God’s presence without any consciousness of inferiority…God made us as much like Himself as possible…He made us the same class of being that He is Himself…Man lived in the realm of God. He lived on terms equal with God…[The] believer is called Christ…That’s who we are; we’re Christ” (Kenneth Hagin, Zoe: The God-Kind of Life, 1989. pp. 35-36, 41)

·         “You are as much the incarnation of God as Jesus Christ was…the believer is as much an incarnation as was Jesus of Nazareth”. (Kenneth Hagin, “Word Of Faith” Dec. 1980, p. 14)

 Creflo Dollar:

·         "God is coming back for a church without spot or blemish; so He is not coming back to a church in debt. This revival must take place before Jesus can come back. He cannot come back for a broke church, he cannot come back for a sick church, he cannot come back for a church that is in debt. That would be against his word. I'm coming back for a glorious church, without spot or wrinkle, so that means there's going to be some quick transference going on."

·         If Jesus came as God, then why did God have to anoint Him? If Jesus – see God’s already been anointed. If Jesus came as God, then why did God have to anoint Him? Jesus came as a man, that’s why it was legal to anoint him. God doesn’t need anointing, He is anointing. Jesus came as a man, and at age 30 God is now getting ready to demonstrate to us and give us an example of what a man, with the anointing, can do. – Creflo Dollar, Jesus’ Growth into Sonship, dated December 8, 15, 2002

·         When God made Adam, all He did was make an exact imprint of Himself. He duplicated Himself Creflo Dollar (Our equality with God Through Righteousness January 21,2001

·         Your’e not a sinner saved by grace you’re sons and daughters of the most high God, your God! Creflo Dollar: Changing your world, 2000

·         Last time I heard him preach’ he said that the glory spoken in Isaiah 60 was wealth and health. Meaning, the way the world will see the glory of God is by the prosperity of the church. That the deep darkness was lack of enlightenment. (Living Word Christian Center in Minneapolis, Minn February 18-22 2009) I have the DVD’s.

 Fred Price:

·         “Yes! You are in control! So, if man has control, who no longer has it? God” (Fred Price, “Prayer: Do You Know What Prayer Is…and How to Pray?,” The Word Study Bible, 1990. p. 1178)

 Marilyn Hickey

·         What do you need? Start creating it. Start speaking it into being. Say, "you, cheque book, you've never been so prosperous since I owned you ... you're just crammed full of money." (Claim Your Miracles tape No. 186 side 2)

 Kan u hierdie uitsprake ondersteun?  Op watter gronde?  Die Heilige Skrif?

Veel meer kan gesê word, maar ek volstaan - Doen self 'n eerlike studie onder leiding van die Heilige Gees en vergelyk dit met die word van God.


DVD’s AAN TE BEVEEL  - JUSTIN PETERS se reeks in hierdie verband

·         A CALL FOR DECERNMENT

·         CLOUDS WITHOUT WATER (A CALL FOR DISCERNMENT)

 ‘N BOEK OM TE LEES IS HANK HANNEGRAAF se boek “Christianity in Crisis”


DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  

 
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.





No comments:

Post a Comment