Monday 18 July 2016

DIE MOSLEM GELOOF


DIE MOSLEM GELOOF


Daar word vanuit verskeie kringe beweer en deesdae sterk gepromofeer, dat die Moslem geloof en die Christen-Judeo geloof dieselfde wortels het. Dit is van alle waarheid ontbloot.
Vanuit Abraham het twee nasies ontstaan, die Jode en die Arabiere, maar nie twee gelowe nie. Dit is wel waar dat die meeste Arabiere wel die Moselmgeloof aanhang. Tog is die meeste Moselms nie uit die Arabiere, maar uit ander nasies, bv, in lande soos Pakistan, Turkye, Indonesië, Afrika, vele word ook in Europa gevind.

Die Moslem geloof het sy ontstaan eers gehad in 600 NC toe ‘n man wat eens ‘n Koptiese Christen was die geloof begin het.
Volgens die Moslem tradisie word Mohammed (c. 570 – June 8, 632)  gesien as die laaste van ‘n reeks profete. Gedurende die laaste 22 jaar van sy lewe, toe hy 40 jaar oud was in 610 NC het hy volgens oorlewering ‘n aantal openbaringe van god ontvang. Dit deurmiddel van die aardsengel Gabriel (Jibril). Hy het die inhoud van die openbaring opgeteken bekend as die Koran.

Die meeste Moslems behoort of aan die Sunni (75–90%) of aan die Shia (10–20%).
Ongeveer 13% van die Moslems woon in Indonesië,die grootste Moslemland in getalle, 25% woon in Suid  Asië,  20% in die Midde Ooste, en 15% in Sub-Sahara Afrika.Daar is ook groot hoeveelde Europa, Sjina, Rusland en in die Amerikas. Daar is Moslems in feitlik elke land op aarde.

Islam is ‘n monoteistiese geloof gebaseer op Mohammed se geskrifte, die Koran. Hulle geloof praktiseer oa vyf  pilare van geloof nl. Geloof, Gebed, Vas, Pelgrimstog en Aalmoese (Liefdadigheid).
Die god wat hulle aanbid Is Allah en Mohammed is sy profeet
Daar is ook ‘n aantal radikale ekstrimistiese fantiese bewegings wat hulle met die Moslem geloof vereenselwig. Hulle hang ook die lering van ‘n heilige oorlog aan, waarin dit reg sou wees om die wat nie in Allah glo nie dood te maak.

Tans word daar, in sommige kringe, groot propoganda gemaak om die Christen geloof en die Moslem leringe te versoen.
Op advertensie borde en deur video word vertel/”getuig” dat Jesus in die Koran te vinde is en dat die Koran Jesus eerbiedig. Wat nie genoem word nie, is dat hierdie Jesus net ‘n profeet en ‘n goeie mens was en nie Christus die Verlosser, die Seun van God  is nie. Hierdie Jesus is ‘n valse jesus en nie die Jesus van die Bybel nie

Nog ‘n veldtog in die verband is die verspreiding van materiaal met die opskrif: “Proof that Muhammed is in the Bible.”  Dit is ook van alle waarheid ontbloot, Mohammed  was eens ‘n Koptiese Christen en toe ‘n ander koers ingeslaan het. Hy het in die jare, ongeveer 600 NC, sy leringe begin versprei.
Baie meer kan oor hulle leringe gesê word, hierdie is selgs om u 'n idee van die geloof te gee.

 
INDIEN U NA DIE MOSLEM GEMEENSKAP WIL UITREIK NEEM DIE VOLGENDE IN AG
Tien reëls om u moslembure met die evangelie te bereik. (Alchris)

 1. GEBRUIK DIE WOORD VAN GOD.   Moslems het groot respek vir heilige geskrifte: die Wet van Moses, Psalms, Evangelies en die Koran. Laat die Woord van God toe om self met hulle te praat. Die Evangelies, veral Mattheus en Lukas, is die beste om mee te begin.

 2. BID GEDURIG.   Dit is die Heilige Gees wat mense vir Christus wen. Soek Sy leiding en krag om die Woord van God aan te bied.

 3. WEES 'N EGTE VRIEND.   Om net vreindelik te wees is nie genoeg nie.  As u regtig om gee, bewys dit met dade: nooi hulle na u huis, spandeer tyd saam met hulle en wees gereed om hulle met probleme te help.

 4. VRA INDRINGENDE VRAE.   "Verwag jy om hemel toe tegaan ?  Het jy sekerheid dat God jou sal aanvaar? Wat sê die Koran omtrent vergifnis? Kan ek jou wys wat die Bybel daaroor sê ? "Vrae soos hierdie sal bewys lewer dat u belangstel in die belangrike sake van die lewe.

 5. LUISTER AANDAGTIG.   Wanneer u 'n vraag gevra het, is dit goeie maniere om na die antwoord te luister ongeag hoe lank dit mag neem.  U sal verbaas wees hoeveel u daaruit sal leer.

6. WEES OPENLIK OMTRENT DIT WAT U GLO.   Stel u geloofsoortuigings oop en eerlik, sonder om verskonings daarvoor te vra.  Wys daarop dat die Skrif u oortuigings ondersteun.  Sodoende plaas u die verantwoordelikheid vir dogma waar dit hoort - op die Woord van God !

7. REDENEER, MAAR MOENIE STRY NIE.   Met 'n argument mag u die saak wen, maar die persoon verloor.  Daar is sekere sake waaroor u vir ewig kan argumenteer sonder om iets te bereik, behalwe om u luisteraar van u te vervreem.

 8. MOET NOOIT VIR MOHAMMED OF DIE KORAN VERKLEINEER NIE.   Dit is vir 'n Moslem net so beledigend as wat dit vir ons is as iemand oneerbiedig van die Here Jesus of die Bybel sou praat.

9. RESPEKTEER HULLE GEBRUIKE EN SAKE WAARVOOR HULLE SENSITIEF IS.   Moet hulle nie beledig deur u Bybel ('n heiligeboek) op die grond neer te sit nie, te familiër met die teenoorgestelde geslag te wees nie, hul gasvryheid te weier nie, of ligsinnig te wees ten opsigte van heilige onderwerpe soos gebed, vas of God nie.

 10. VOLHARD.   Moslems het baie om oor na te dink wanneer hulle met die Evangelie kennismaak.  Wees verseker dat die Woord van God op Sy tyd Sy werk sal doen.

MOENIE DIE KORAN VERKLEINEER NIE.   Dit is vir 'n Moslem net so beledigend as wat dit vir ons is as iemand die Bybel verkleineer.
 
 

DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  

 

ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 






 

 

 

 

No comments:

Post a Comment