Saturday 16 July 2016

DIE MORMOONSE GELOOF (LATTER DAY SAINTS)


DIE MORMOONSE GELOOF (LATTER DAY SAINTS) 

 
 
INLEIDENDE OPMERKINGS:
Hierdie is net algemene opmerkings, veel meer kan oor die geloof gesê word.
Hulle lerings sluit onder andere in dat die Bybel God se handelinge met die mense bevat wat in Israel en omgewing geleef het en dat die “Book of Mormon” Bybel God se handelinge met die mense bevat wat in die Amerikas en omgewing geleef het vanaf 600 VC tot 500 NC. Die geskrifte was op goue tablette geskryf.

Joseph Smith het die goue tablette verkry en deur die gawe en die krag van God kon hy hierdie antieke taal verstaan en so die tablette vertaal.

Waar die plekke, stamme, nasies en gebeure in die Ou en Nuwe Testamente geskiedkundig bepaal kon word, is dit nie die geval met die “Book of Mormon” nie. Nie een van die nasies wat daarin genoem word het ooit bestaan nie.
 
LET OP VAN DIE LERINGE WAT HULLE LEER.

(Hierdie is aanhalings uit hul eie dokumente)

 1. VERSOENING – Jesus paid for all our sins when He suffered in the Garden of Gethsemane," (Laurel Rohlfing, “Sharing Time: The Atonement,” Friend, Mar. 1989, p. 39.)

 2. DIE DOOP VIR DIR DOOIES
 
Dit is ‘n gebruik waar lewende mense in die plek van dooies gedoop, sodat die dooies op ‘n hoër vlak in die hemel kan lewe. - ( Doctrines of Salvation, vol. II, p. 141).

 3. DIE BYBEL
 
"We believe the Bible to be the word of God as far as it is translated correctly. . ." (8th Article of Faith of the Mormon Church).

"Wherefore, thou seest that after the book hath gone forth through the hands of the great and abominable church, that there are many plain and precious things taken away from the book, which is the book of the Lamb of God," (1 Nephi 13:28).

4. DIE BOOK OF MORMON"

Die "book of Mormon" is meer korrek as die Bybel (History of the Church 4.461)

5. DIE DUIWEL

Jesus en Satan is geestelike broers (Mormon Doctrine, p 163)

Beide satan en Jesus het ‘n verlossingsplan vir die mens gehad (Mormon Doctrine, p. 193; Journal of Discourses, vol. 6, p. 8).

6. GOD

God was eers 'n mens op 'n ander planet (Mormon Doctrine, p 321; Joseph Smith, Times and Seasons, vol 5, p 613-614, Orson Pratt, Journal of Discourses, vol 2, p 345, Brigham Young. Journal Discourses vol 7, p 333) 

God die Vader het ook ‘n vader gehad, (Joseph Smith, History of the Church, vol. 6, p. 476; Heber C. Kimball, Journal of Discourses, vol. 5, p. 19; Milton Hunter, First Council of the Seventy, Gospel through the Ages, p. 104-105).

God bly naby ‘n ster genaamd Kolob, (Pearl of Great Price, p. 34-35; Mormon Doctrine, p. 428).

Deurmiddel van ‘n seksuele verhouding tussen God en Maria is Jesus gebore (Brigham Young, Journal of Discourses, vol. 4, 1857, p. 218; vol. 8, p. 115).

7.    JY KAN ‘N GOD WORD
n Goeie Mormoon kan ‘n god word (Teachings of the Prophet Joseph Smith, p. 345-347, 354.)

8. GODE

Daar is baie gode (Mormon Doctrine p163)

"And they (the Gods) said: Let there be light: and there was light," (Book of Abraham 4:3).

9. DAAR IS OOK 'N MOEDERGOD

(Articles of Faith, by James Talmage, p 443)

God is getroud en het geestelike kinders. (Mormon Doctrine, p. 516).

10. JESUS

Jesus was die eerste gees wat in die hemel gebore was (Mormon Doctrine p 129)

Jesus en Satan is broers en is in die hemel gebore, (Mormon Doctrine, p. 163; Gospel Through the Ages, p. 15).

11. DIE HEILIGE GEES

Die Heilige Gees is 'n manspersoon en 'n wonderwerk (Le Grand Richards, Salt Lake City, 1956, p 118, Journal of Discourses, vol 5 p 179)

12. DIE MENS

Die mens word eers geestelik gebore in die hemel en dan natuurlik op die aarde (Journal of Discourse, vol 4, p 218)
 
VERDERE INLIGTING

Op die webblad - http://www.freerepublic.com/focus/religion/2680635/posts kry ons die volgende inligting rakende die Mormoonse geloof, sommige reeds hierbo vervat:

1.  Mormone leer dat mense gode en godinne kan word.
2.  ‘n Mormoonse goddin lewe in absolute gehoorsaamheid aan haar god-man.

3.  Mormone leer dat vroue vir ewig en ewig geboorte sal skenk aan geestelike-babas.
4.  Mormone leer dat mans in die hemel baie vroue sal hê en hulle dan “Hemelse Vaders” sal wees op hulle eie planete, wat dit met hulle kinders sal vul.

5. Die Hemelse Vader is ‘n verhewe man wat saam met sy Hemelse Moeder naby die planeet Kolob woon.
6.  Die Amerikaanse Indiane is afstammeling van die sondige “Lamanites” wat eers Israeliete was wat deur die Here vervloek is met ‘n donker vel.

7.  Deurmiddel van ‘n seksuele verhouding tussen God en Maria is Jesus gebore en dat Maria nie regtig ‘n maagd was nie.
8.  Mormone leer dat redding slegs deur hulle kan plaasvind en dat alle Christelike Kerke verkeerd is. Hulle doop lewendes ook in plek van die dooies. 

9.  Mormone leer daar is vier geheime handdrukke om jou weg na die “Celestial” hemel te verseker.
10.  Joseph Smith het openbaar dat die werklike Tuin van Eden in Jackson County, Missouri was.

11.  Joseph Smith sê dat hy die Here God en die Here Jesus gesien het, tydens hulle verskyning aan hom.
12. Mormone glo dat Lucifer en Jesus  broers is.

13.  Mormone glo dat die engel Gabriël aarde toe gekom het tydens die vloed en Noag geword het.
14.  Mormone beskou die Bybel betroubaar, maar vol foute.  

15.  Mormone glo dat die Aardsengel Michael aarde toe gekom het saam met ‘n aantal van sy “celestial wives” en Adam in die Tuin van of Eden geword het. 
16.  Die Mormoonse stigter en profeet Joseph Smith het verskeie kere valse profesieë gemaak. Bv Hy het die wederkoms van Jesus in  die jaar 1891 voorspel. Slegs een valse profesie maak jou ‘n false profeet (Deut. 18:20-22).   

17. Die  Mormoonse leringe en geloof, voor 1978, was dat die Negerras ‘n laerklas was en net een druppel negerbloed het jou verhoed om ‘n priester te word. Nou laat hulle mense van Afrika afkoms toe om priesters te word. Deel van valse leringe
18.  Mormone het verskeie boeke wat hulle Skrifte noem soos die “The Book of Mormon”, “Pearl of Great Price”, “Doctrine and Covenants” - Hierdie is die leer van die Mormone, maar verskil leerstellig van mekaar.  

19.  Mormone glo dat Jesus ten minste drie vroue gehad het toe hy op aarde geleef het.
20. Joseph Smith het geleer dat daar inwoners op die maan was, en Brigham Young het geleer daar was ook mense op die son. Die lering van die twee mense wys duidelik dat hulle nie profete van die Here God is nie. Hulle is valse profete en lei nogsteeds miljoene hel toe met hulle vals leringe.

21.  Mormone leer ook dat daar geen redding sonder Joseph Smith is nie.  Hulle leer dat Joseph Smith die sleutels tot die Koninkryk van God het. Hulle leer dat Jesus se dood aan die kruis net gedeeltelik vir sonde betaal. Hulle leer ook dat alle mense voor die Here God, Jesus and Joseph Smith sal staan in die oordeelsdag.

Veel meer kan gesê word, maar ons volstaan hiermee. 

 

 DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND

ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           

ROM 6:23 - Die ewigelewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hyaan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Homuit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.

 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.

 
 
 

No comments:

Post a Comment