Saturday 16 July 2016

DIE KATOLIEKE GELOOF


DIE KATOLIEKE GELOOF

Kom ons bespreek die Katolieke leer na aanleding van een van hulle eie geskrifte - Christ Among Us: A Modern Day Presentation Of The Catholic Faith en gee dan net nog ‘n paar voorbeelde van hul geloof vanuit die praktyk.
Kan ons met die volgende saam stem? Is dit wat God se Woord leer?

Let op die leringe van die Katolieke kerk. (Bladsy nommers word aangetoon)

CHRIST AMONG US: A MODERN DAY PRESENTATION OF THE CATHOLIC FAITH

P37 - Die vloed van Noag en die Toring van Babel is simboliese stories.
P67 - Maria het ‘n maagd gebly haar lewe lank.

P91 - Kan u saamstem met die “Hail Mary” gebed ?
P91 - Maria is sondeloos?

P141/2 - Die Pous die opvolger van Petrus en God se verteenwoordiger op aarde ?
P148 - Christus se onfeilbare leiding is oorgeplaas op die Pous en die biskoppe.

P164 - Die Katolieke Bybel het in die OT sewe meer boeke as ander Bybels.

P168 - Die Bybel kannie sonder die lewende tradisie van die kerk verstaan word nie.
P190 - Die doop “Christening” maak ons een met Christus en ‘n nuwe mens.

P191 - Die doop gee nuwe lewe aan die wat dit nie het nie.
P191 - Deur die doop vergewe Jesus ons sonde.

P196 – Omdat ons by die doop ‘n nuwe mens word, kan ons ook ‘n nuwe naam kry, die van ‘n heilige.
P199/200 - Daar is ander maniere om met God verenig te word buiten die doop - die “baptism of desire” en die “doop in jou eie bloed”

P200 – Mense kan tot God kom deur nie-Chrsitelike gelowe.
P200 - Die Katoliekekerk verwerp niks wat heilig is in ander gelowe nie.

P200 - Al glo jy nie in ‘n persoonlike God nie en jy lewe volgens jou gewete dan is dit reg.
P231/2 - By die doop word ons “weergebore” en by ons bevestiging (confirmation) ontvang ons die Heilige Gees.

P244&P246 - Wanneer die priester die woorde: “This is My body...” oor die brood en wyn uiter, verander die brood en die wyn in die bloed en liggaam van Christus.
P276 - Deur die nagmaal baie te gebruik word jy gaande weg in Christus verander.

P276 - Deur die nagmaal baie te gebruik kan jy sondige begeertes onderbeheer bring.
P290 – Jy kan opmaak vir jou sonde deur goeie dade, aanbidding, die Mis, belydenis en ander dade.

P291 – Ons kan opmaak vir die sonde van ander wat in die vagevuur is, deur ons dade.
P298 – Ons moet ons sonde aan die priester bely.

P307 - Van die maniere om boetedoening te doen vir jou sonde is - vas en onthouding.
P307 - Die beste manier van boetedoening vir jou sonde is, om goedheid aan ander te bewys, asook welsynswerk.

P368 - Maria is gebore sonder sonde en het ‘n maagd gebly haar lewe lank.
P368 - Maria is in die hemel opgeneem, liggaam en siel.

P370 - Maria is ons “mediatrix”, “co-redemptrix” en “Queen”
P418/9 - Die vagevuur is ‘n pynvolle staat of plek waar ons die Here ontmoet na ons dood. Hier maak ons op vir ons sonde deur in liefde te groei. (Jy kan jouself nie hier help nie, maar die wat op aarde is kan vir jou opmaak)

P420 - Diegene in die vagevuur kan nie opmaak vir hulle sonde nie, maar ons wat lewe kan hulle help om gouer in die hemel te kom deur vir hulle te bid en die Mis te offer namens hulle en deur ander goeie dade namens hulle te doen.
P424 - Ons het die verantwoordelikheid om ‘n nuwe hemel en aarde te skep, ons het die verantwoordelikheid om dit te vervolmaak.

P425 - Die hemel is nie ‘n plek nie, maar ‘n perfekte eenheid met God.

 KATOLIEKE GESKIEDENIS EN GELOOFSGEBRUIKE IN DIE PRAKTYK

Die afgodsaanbidding van Maria, waarvan daar derduisende getuienis in die parktyk is in die wêreld. (Ek noem net ‘n paar.)

·         Die beeld van Maria wat per boot deur die vissershawens reis om die vissermanne te kom seën vir die jaar wat voorlê.

·         Die Skildery “Swart Madonna” wat deur Pole reis, van een stad na die ander, en nagte van gebed vir die mense inlei.

·         Beeldjies van Katolieke heiliges wat verkoop word en gebruik word om genesing te bring, vele getuienis daarvan, uit die mond van Katolieke self.

 
Let net op die feeste wat vir Maria (Madonna) gehou word – Ek noem net ‘n paar:
·         Our Lady of Mount Carmel:

·         Madonna del Soccorso di Sciacca:

·         Madonna of Piedigrotta.

·         Madonna di Corsignano

·         Madonna del Soccorso

·         Madonna Di Montevergine

·         Virgin of Candelaria

·         Our holy Lady of Guadalupe

 Oor die onfeilbaarheid van die Pous en die menige afskuwelike sondes wat deur Pouse gepleeg is deur die eeue heen, wil ek nie hier op ingaan nie, gaan lees dit in die geskiedenisboeke self.

Veel meer kan van die Katolieke geloof gesê word. Maar ek sal volstaan.
Let op wat leer hulle van hulself en vergelyk dit met die Bybel en jy sal self tot die slotsom kom – Die Katoliekegodsdiens is ‘n afgodsdiens, want verlei mense. Dit lei mense weg van redding en saligheid in Christus Jesus.

Mense wat vasgevang is in die leer van die Katolike Kerk is net soos ander mense wat nog nie die reddendegenade van Jesus Christus ervaar het nie.  Hulle moet nie beskou word as 'n vyand wat vermy moet word nie, maar eerder as verlore mense oppad na 'n ewige verdoemenis.  Dit is die verantwoordelikheid en voorreg van elke gelowige om alle mense van die reddende genade van Christus te vertel.
 
DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND
 
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           

ROM 6:23 - Die ewigelewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.

ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hyaan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.

ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Homuit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.

ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 



 
 
 

No comments:

Post a Comment