Saturday 16 July 2016

DIE JEHOVA'S GETUIES


DIE JEHOVA'S GETUIES

 
Mense wat vasgevang is in die leer van die Jehova Getuies (Watch Tower and Tract Soceity) is net soos ander mense wat nog nie die reddende genade van Jesus Christus ervaar het nie.  Hulle moet nie beskou word as 'n vyand wat vermy moet word nie, maar eerder as verlore mense oppad na 'n ewige verdoemenis.  Dit is die verantwoordelikheid en voorreg van elke gelowige om alle mense van die reddende genade van Christus te vertel.

 Die probleem egter met mense wat in die Dwaalleer vasgevang is, ondervind word, is dat hulle stelselmatig geindoktrineer was en onder andere glo hulle vas in die volgende:

1. Die Watch Tower organisasie kan nie lieg nie.

2. Die Watch Tower organisasie alleen beskik oor die waarheid.

3. Die Kerke op aarde is almal deel van Babilon.

4. Die Bybel (die waaroor die Christelike kerk beskik) is foutiewelik vertaal.
 

AGTERGROND

 
"Die Jehovagetuies het sedert hulle onstaan in 1870 nie minder as ses verskillende name gehad, nl. Millennial Dawn,  Metropolitan Pulpit,  Brooklyn Tabernacle Pulpit, International Bible Students Association, Watchtower Bible and Tract Soceity en nou Jehovasgetuies."  Ds E A GAUM 1977.

 
Die stigter van die organisasie was Charles Taze Russell, gebore in 1852 in Pittsburg Pennsylvania. Sy lewe was sodanig dat sy volgelinge nie "Russelliete" genoem wil word nie. In 1911 was hy skuldig bevind aan bedrog tydens die sg. "Miracle Wheat" skandaal en in 'n hof was hy ook as leuenaar bestempel opgrond van sy aanspraak dat hy 'n kenner van Grieks is. In 1917 is hy deur Joseph Franklin Rutherford opgevolg en in 1942 deur Nathan Homer Knorr.

 
ENKELE LEERSTELLINGE

 
1. Hulle ontken die bestaan van die Drie-Enige-God.

2. Slegs 144,000 mense kan hemel toe gaan.

3. Die ander getroue getuies sal vir ewig op Paradys aarde leef.

4. Hulle verwerp verlossing opgrond van Jesus se dood as versoeningsoffer vir die mens se sonde.

5. Verlossing moet verdien word.

6. Hulle verwerp weergeboorte volgens die Skrif.

7. Die Heilige Gees is slegs 'n krag (soos elektrisiteit) en nie Persoon nie.

8. Jesus is die engel Gabriël wat mens geword het en weer engel geword het
 

ANDER BRONNE WAT GELEES KAN WORD

      ·         BIBLE ANSWERS FOR JEHOVA WITNESSES  - Charles Trombley, Broken Arrow, Oklahoma,1975.

·         CHRISTIANS AWAKE  -  William J Schnell, Grand Rapids, Michigan 1963.

·         JEHOVA'S WITNESSES' ERRORS EXPOSED  -  William J Schnell, Grand Rapids, Michigan, 1982.

·         DIE KETTERY VAN DIE JEHOVASGETUIES  - Ds. E A GAUM, N G Kerk uitgewers,1977.

·         WATCHMAN EXPOSITOR (Exposing the Cults)  P O Box 7681, Columbus, GA 31908

 

HOE OM TE GETUIGTEENOOR SG JEHOVASGETUIES

 Verskeie benaderings kan gevolg word, ek wil graag die volgende aan u voorstel:

1. Die Profetiese benadering.

2. Die Leerstellige benadering.

3. Die Evangeliese benadering.

 Hierdie benaderings was ontwikkel deur die Night Watch Ministries, Roodepoort wat ongelukkig opgehou het om te bestaan.

 
Die Profetiese benadering - Hier word die "mat van vertroue" onder die voete van die persoon uit getrek, sodat hy later kan leer om slegs op die Skrif te vertrou. Deur gebruik te maak van die toets van 'n ware profeet in Deut. 18:21&22 en die geskrifte van die Jehovasgetuies self word die organisasie as Valse Profeet ontmasker.

 Die Leerstellige benadering - Deur gebruik te maak van verskillende Skrifgedeeltes word die leringe van die Jehovasgetuies as vals bewys.

 Die Evangeliese benadering - Die evangelie word aan die persoon gebring, maar in die "taal" van die Jehovasgetuies, gebruik Skrifgedeeltes wat nie argumente kan uitlok nie.

 
Die volgende moet egter altyd onthou word:
 
·         Wanneer u die vertroue van 'n persoon in sy eie organisasie geskok het sal hy nie maklik by 'n gemeente aansluit nie, 'n lang pad sal dus saam met so 'n persoon gestap moet word.

·         Wanneer 'n Getuie begin twyfel sal hy dit met niemand deel nie, veral nie met ander Jehovasgetuies nie, want hulle leef in 'n atmosfeer van vrees, al ontken sommige dit.

·         Probeer om by geleentheid 'n persoon alleen te kry om met hom of haar te gesels.

·         Onthou om niks in eie krag te probeer vermag nie, maar soek altyd die aangesig van God, voordat u met enige Jehovasgetuie gaan deel.

·         Moet nooit die persoon aanval nie, hy of sy is 'n slagoffer van dwaling.

·         Skaar jouself aan die persoon se kant en doen 'n objektiewe studie saam met hom/haar.

·         Onthou hierdie mense het nooit geleer om die Bybel objektief te studeer nie, maar het dit deur die bril van die Jehovasgetuies literatuur gedoen.

 

DIE PROFETIESE BENADERING

 1. Plaas jouself aan die kant van die persoon en begin as volg; "Deur die eeue heen het Jehova Sy wil aan mense bekend gemaak deur profete, stem u saam ?"

 2. Lees saam met die persoon uit Deut. 18:21&22 en vra  dan; "Stem jy saam met wat hier staan, moet ons alle profete so toets ?"  Dit is die toets wat JHWH aan ons gee om profete te toets.  Matt. 17:15-20 kan ook aangehaal word.

 3. Vra dan; "Wie gee hulle self uit as profete vandag ?"  Laat die persoon antwoord en sê dan dat al sulkes getoets moet word. "Kom ons toets ook die organisasie (Moenie nooit sê "julle" nie) aan hierdie toets"  Hulle mag dalk sê dat die organisasie hulleself nog nooit as Profeet voorgehou het nie. Wys hulle dan op die volgende:

                                                a. Watch Tower 1/4/72  p 197

                                                b. Watch Tower 1/10/82  p 26&27

                                                c. Watch Tower 1/4/72 p 38

 Hierdie verwysings kom  uit die Jehovasgetuies publikasies. Volgens hierdie inligting verklaar die "Organisasie" self dat hulle JEHOVA SE PROFEET IS EN DUS BEREID MOET WEES OM DIE TOETS TE ONDERGAAN.

 4. Indien hulle ter enige tyd sou sê dat profete ook foute kan maak, stem dan saam met hulle en noem 'n paar soos Moses, Dawid, Petrus, ens. Maar sê dan die volgende: "Ware Profete kan foute maak, maar hulle kan nie vals profeteer nie, anders is hulle valse profete."

 5. Indien hulle sou sê dat die "Organisasie" met die tyd meer een meer waarheid (LIG) bekom het vra dan: "Kan valsheid waarheid word, kan waarheid meer waar word, kan waarheid die vorige waarheid vervang dat dit vals word ?"  Waarheid is waarheid en valsheid is valsheid.

6.Indien hulle sou sê dat die "Watchtower" nie vals is nie, want hulle het hulle foute erken, sê dan "Wat anders kan 'n valse Profeet aan sy volgelinge sê.

 
6. Begin en wys hom/haar op die volgende uittreksels uit Jehovasgetuies publikasies:
 
·         "Prophecy" - 1929 p 64&65  -  Christus het in die geheim terug gekeer na die aarde in 1874.

·         VIEW FROM THE TOWER - 15 Julie 1894  -  Die 6,000 jaar vanaf Adam is verby en dit is die begin van die sewende duisend jaar (Vrederyk waar Christus regeer) 

·         ZION'S WATCH TOWER  - 15 Januarie 1892  -  Die Slag van Armageddon verskuif nou vanaf 1874 na 1914. Die Skrif wys die datum uit as Oktober 1914, volgens die Organisasie.

·         "The Time is at Hand" - 1911 p 101 - Die "Slag van God" eindig in 1914 en die aarde se heersers word "onttroon".

·         "Thy Kingdom Come" - 1891 p 153 - In 1914 sal Christendom totniet gaan.

·         "Pastor Russell's Sermons" - 1917 p 676 - Wêreldoorlog 1 is die begin van Armageddon.

·         "The Finished Mystery" - 1917  p 485 - 1918 sal die Christendom vernietig word.

·         "Light" Book One - 1930 p194 - Die erkenning dat die 1914 voorspelling 'n false profesie was.

·         "Millions Now Living Will Never Die" - 1920  p89&90  -  Abraham, Isak en Jacob sal in 1925 terugkeer na die aarde.

·         "Jehovah's Witnesses In The Divine Purpose" - 1959  p252  -  Die tyd vir die "Prinse" om te verskyn.

·         "The Way To Paradise"  -  1924  p224  -  In 1925 gaan 'n groot aantal profete bv. Abel, Henog, Abraham, ens. ontwaak.

·         "The New World "  -  1942  p104&130  -  Job en ander profete gaan terugkeer, 'n huis in San Diego, California genaamd "Beth-Sarim" is vir die doel aangekoop.

·         "CONSOLATION"  - 27 Mei 1942 - Die huis is in trust en die profete het nog nie opgedaag nie.

·         "Golden Age" 19 Maart 1930  -  Die trust (van die huis) is in die naam van die WATCH TOWER AND BIBLE AND TRACT SOCEITY.

·         "Vindication" - 1931  p146&147  -  Daar word erken dat die voorspellings van 1914, 1918 en 1925 het nie waar uit gekom nie, maar Armageddon is net om die draai.

·         "Vindication"  Book One  -  1931 p 338&339  -  Datum vasstelling was verkeerd, ons het geleer om nie weer datums vas te stel nie.

·         "The Messenger"  -  1/9/1940  p6  -  Armageddon is net om die draai.

·         "The Watchtower"  - 15/9/41  p 288  - Ons is in die laaste maande voor Armageddon.

·         "Let God be True"  - 1946  p166 - Armageddon is naby.

·         "Paradise Restored To Mankind" - 1972  p 353/4  -  'n Getuienis uit hulle eie mond, teen hulleself.  Jehova sal die valse profete se voorspellings nie laat waar word nie.

·          "Laat God Waaragtig Wees"   - 1952 Herdruk 1956  p174  -  Armageddon is naby en direk daarna sal die 1,000 jarige vrederyk volg. 

·         "Life Everlasting In Freedom Of The Sons Of God" - 1966  p29  -  'n Nuwe datum vir die aanbreek van die 1,000 jarige vrederyk - 1975.

·         "AWAKE"  - 8/10/68  p14  -  In die herfs van 1975 sal die 1,000 jarige vrederyk aanbreek.

·         Slegs 90 maande is oor voor die 1,000 jarige vrederyk aanbreek.

·         "The Watchtower" - 1 Mei 1968  -  Die "datum" is Herfs 1975, want Adam en Eva is in dieselfde jaar geskep. 

·         "Kingdom Ministry"  -  6/69  p 3  -  Give up your career.  Rede die vrederyk is naby

·          "Kingdom Ministry"  - 5/74  p3  -  Kort tyd voor die wêreld se einde .

·          "The Watchtower"  -  1 Mei 1975  -  Nie meer so seker oor die "datum" nie, miskien is Adam en Eva nie in dieselfde jaar geskep nie.

·          "Paradise Restored To Mankind - By Theocracy"  -  1972  p353/4  -  Hoekom kom hulle voorspellings nie waar nie ?  Die Watchtower gee self die antwoord.

·         "Zion's Watch Tower"  - Februarie 1881 p3 / p188  -  "As ons God volg sal hierdie dinge nie gebeur het nie."  Nuwe Lig kan die ou Lig nie vervang nie, maar net byvoeg.

 Afskrifte van die oorspronklike dokumente is beskikbaar

 Vir die ander twee metodes om teenoor die die Jehova's Getuies te getuig, kontak 079 497 9770 vir ‘n volledige kursus of e-pos lourens.badenhorst @webmail.co.za

 
 

DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND

 
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.                           
ROM 6:23 - Die ewigelewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hyaan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Homuit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 

KOPIEREG EN REGSTELLINGS:
  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.

 

4 comments:

  1. Dankie vir die waardevolle inligting.Ek is oortuig die JG is vals profete enis 'n sekte. Ek glo ook nie hulle kan hulself christene noem nie. Nog inligting sal opreg waardeer word, ek het familie wat afgedwaal het.

    ReplyDelete
  2. n JG het eendag vir my kom kuier hy sy vrou en kind ek het hom ingenooi was glad nie lelik nie toe hy sy goet uithaal om my tewys sy kerk is reg ek het hom vriedelik gestop en gevra om my bybel tegebruik want as jy vir my wil wys jou kerk is reg wys dit uit my bybel het die 1953 druk gebruik vir my is toe gese hy kannie afrikaans lees nie ek gee hom toe n engelse bybel net daar het die gesprek gestop hulle is toe weg n ander een het ook met my gesels toe vra ek hom net een vraag gevra as jy se jy is n getuie van Johowa vertel my hoe Hy lyk hy kon nie want ons mens het God nog nie gesien nie maar sal eendag wanneer ons nie meer deel is van die aarde nie

    ReplyDelete
  3. Vra hulle maar om saam met jou die King James vertaling te gebriuk. Hulle kan nie weier nie, op 'n stadium wat dei King James vertaling op hul drukpers gedruk, seker maar vir finansiële voordeel. Moet n0oit hulle new world translation gebruik nie. Die vorige New worls translation en die huidige verskil ook van mekaar. In die vorige is daar verse wat daarop dui dat Jesus God is, dit is toe met die nuwe een verwyder.

    ReplyDelete