Tuesday 19 July 2016

ALGEMENE KENMERKE VAN DWAALINGE EN AFGODSDIENSTE


ALGEMENE KENMERKE VAN DWAALINGE EN AFGODSDIENSTE

 
 a. Daar is ‘n groot verskeidenheid van afgodsdienste en dwalinge wat verkondig word, elkeen het sy eie karaktertrekke en ontstaan. Vele het hulle ontstaan uit reeds bestaande gelowe gehad, maar het dan wysigings daaraan gebring en ‘n nuwe “geloof” of “groep”  tot stand gebring.

 b. Vanuit die Christelike standpunt van geloof in die Drie-Enige-God wat Homself aan ons in Christus en sy geskrewe woord openbaar, gebruik ons die Skrif as maatstaf om alle leringe te beoordeel:
·         Hand 17:11 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

c. Somtyds is dit nie so maklik om te sien wat die ware wese of kern van die “godsdiens” of “groep” of “geloof” is nie. Baie kom op die oogaf goed en reg voor en daarvoor is ‘n dieper ondersoek nodig. (Om net hulle byeenkomste by te woon help nie veel nie)

 d. Ons kan na die volgende sake oplet wanneer ons ‘n “godsdiens”,  “kerk”, “groep”, “geestelike organisasie” of  “lering” evalueer.


1. Vrae die volgende  vrae:

·         Wat is die gesaghebbende bron wat gebruik word vir lering?

·         Wie is die God wie aanbid word?

·         Wie is Christus volgens  hulle?

·         Wie mag deel word van die groep of godsdiens?

·         Wat is die vereistes vir ‘n persoon wat deel wil word van die groep/godsdiens/kerk?

 Probeer om die antwoorde nie by die lede self te kry nie, maar vra na hulle geskrifte, dokumente, kategismus, ensomeer wat dit uitspel.


2. Let op na die leierskap samestelling, en optrede van die organisasie, godsdiens of groep. Gevaartekens kan die volgende wees:

·         Lering en gesag is gesetel in een persoon.

·         Lering en gesag is gesetel in die leierskapgroep.

·         Die woord van die leier of leiers mag nie bevraagteken word nie.

·         Die leier of leiers ontvang openbaringe direk van God af.

·         Die ontvangs van openbaringe van engele aan die leier of leiers (Gal 1:8).

·         Gee die leier/leiers waarborge van ewige saligheid.

·         Kan jy jou “redding”/”saligheid” verloor indien jy jou nie aan die leierskap onderwerp nie?

 
3. Let op die beheer en dissipline wat op lede uitgeoefen word:

·         Geen ander literatuur as die van die godsdiens/groep/kerk mag gelees word nie.

·         Lede word verbied om met gewese lede, wat die groep/godsdiens/kerk verlaat het, kontak te maak.

·         Verhoudings met ouer/vriende moet verbreek word indien hulle teen “lidmaatskap” by die groep/godsdiens/kerk is.

·         Tug en dissipline deur die leierskap toegepas moet sonder voorbehoud aanvaar word.

·         Lede wat die lering en  of die leiers se optrede bevraagteken word as afvalliges, of swak gelowiges gebrandmerk.

·         Lede word geindoktrineer, gemanipuleer, emosioneel afgepers of gedreig

·         Lede word fisies beperk van vrye beweging.

·         Toestemming moet by die leierskap gekry word, voordat vriendskapverhoudinge,  vakansies, huwelike, saketransaksies, ensomeer  gereël, beplan of aangegaan mag word.

·         Word lede met dreiging, afpresing, agressie gekonfronteer indien hulle van die leier/leiers of die groep/godsdiens/kerk verskil?

 
4. Let op wyse wat met finansies omgegaan word:

·         Verpligte afgeforseerde bydraes moet gemaak word.

·         Leringe is deurspek met verwysings na finansies.

·         Geen rekenskap word deur die leier/leiers gegee rakende die groep/godsdiens/kerk se bestuur van die finansies nie.

·         Is die leier/leiers besig om homself/hulself te verryk?

·         Word beloftes van gewaarborgde finansiële voorspoed voorgehou indien gereelde bydrae gemaak word?

·         Word waarskuwinge van katastrofiese teëspoed voorgehou indien nie gereelde bydrae gemaak word?

·         Kan jy skipbreuk ly aan die ervarings van wonderwerke, genesing, ensomeer indien jy nie finansiële bydrae gee nie?

·         Kyk jou redding ingedrang kon indien jy nie finansiële bydrae gee nie?

 
5. Let op na die groep/godsdiens/kerk:

·         Beskou hulle hulself as die enigste ware geloof?

·         Beskou hulle hulself as die mondstuk van God?

·         Beskou hulle hulself as moreel hoër dan ander godsdienste/kerke?

·         Let op die gebruike en rituele in die groep/godsdiens/kerk.

·         Let veral op na die leringe in die kerke.

e. Let op die volgende Skrifte en tree inooreenstemming daarmee op

·         1 Joh 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.

·         2 Pet 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;

·         Markus 13:22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

·         Matt 7:22&23 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

·         Hand 20:30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

·         Matt 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

·         2 Kor 11:3&4 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 4 Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.


DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS - OPSOMMEND  
ROM 3:23 - Almal het gesondig, ook jy.
ROM 6:23 - Die ewige lewe is 'n vryegawe van God, ook vir jou.
ROM 5:8 - Omdat Jesus ons liefhet, het Hy aan die kruisgesterf en die prys vir ons sonde betaal.
ROM 10:9-10 - Glo met jou hart in Jesus en dat God Hom uit die dode opgewek het en bely dit met jou mond.
ROM 10:13- Vra die Here God om jou te red en Hy sal.
 
KOPIEREG EN REGSTELLINGS:

  • Ons is nie bewus van enige kopiereg op inligting gebruik in hierdie blog nie. Indien u oor inligting beskik verwittig ons asb.
  • Indien daar enige regstellings op inligting in hierdie blog nodig is, verwittig ons asb.
 
 

1 comment:

  1. Onder watse dwaling val die groep mense wat Die Boek van Herhinneringe lees. Hulle glo ook dat net die Heilige Name van God gebruik mag word en ook dat jy nie gered is indien jy nie groot gedoop is nie.

    ReplyDelete